Die kollega het nie veel woorde nie, slegs vergelykende syfers, rentekoerse, voorsienings, opgelope inkomste en belastingberekeninge. 2010 is op hierdie stadium 'n nagmerrie van werk en deadlines. Dit voel asof alles aan draadjies hang en ek het nie die nodige hulpbronne het om alles bymekaar te hou nie. Dit voel asof daar altyd slegs die volgende opsies gaan wees -
a) 'n suksesvolle loopbaan waar ek almal dazzle met my intelligensie en vernuf
b) 'n lewe waar daar liefde en vriende is
Hoe kies mens?
Die Kollega
Thursday, February 11, 2010
Wednesday, January 20, 2010
Sunday, December 6, 2009
Hitte
Ek is in Durban(vir werk, nog nie op vakansie nie) en ek het nog nooit in my lewe so warm gekry nie.
Wednesday, December 2, 2009
Chaos
My kar is nooit vreeslik netjies nie, maar dinge het nou hand uit geruk. Die volgende is alles op hierdie stadium in my kar:
- Al die studiemateriaal en handboeke vir 4 vakke.
- 15 Bonaqua waterbottels, almal met 'n klein bietjie water in.
- Marie Claire & Runner's World tydskrifte.
- Vele lee sigarette boksies.
- 2 Appels.
- 'n lank uitstaande biblioteek boek.
Ek is nie trots op myself nie.
Realiteit
Toe ek 'n student was, was dit snaaks om broke te wees. Nou is dit glad nie snaaks nie, want ek kan nie meer vinnig my pa bel nie. Om groot te word het min voordele.
Thursday, November 12, 2009
Uiteindelik
Ek besef die laaste tyd dat ek eintlik gelukkig is. Hier is my redes:
- Dinge gaan soveel beter by die werk.
- Akademies is ek besig om to herstel wat ek amper vernietig het.
- Ek deel 'n huis en 'n lewe met 'n goeie man wat ook die liefde van my lewe is.
- Ek begin die naweek weer perdry.
- Dit is amper Desember!!!!!!!!!!!!!!!!!
Thursday, October 22, 2009
Risiko
Ouditrisiko bestaan uit drie komponente:
- Inherente risiko - die moontlikheid dat daar wesenlike wanvoorstelling mag wees.
- Kontrolerisiko - die moontlikheid dat wesenlike wanvoorstelling nie verhoed of opgespoor sal word deur die entiteit se interne beheerstelsel nie.
- Ontdekkingsrisiko - die moonlikheid dat die ouditeur se stawingsprosedures nie die wesenlike wanvoorstelling sal opspoor nie.
Al hierdie risiko's is ook algemeen in die alledaagse lewe. Ons wil almal wesenlike wanvoorstelling verhoed en ons het almal interne beheermaatreels in plek.
En dit is hoekom ek van oudit hou. I like to manage risk.
Subscribe to:
Posts (Atom)