Wednesday, November 19, 2008

Dit wat my dae draagbaar maak

Dexter, Chuck, Prison Break, Greys, Gossip Girl, Big Bang Theory, Reaper, Heroes, Smallville, Ugly Betty, Private Practice, Samantha Who, ens.

Sug. What has my life become?

Tuesday, November 18, 2008

Ek sien 'n nuwe hemel kom; 'n aarde nuut en vry

Daar is baie nuwe dinge in die kollega se lewe:

  • 'n Nuwe werk - baie opwindend, veral die salaris wat aansienlik meer is.
  • 'n Nuwe blyplek - ook baie opwindend, maar die kollega sien net nie kans vir al die nuwe admin wat dit nou ook gaan bring nie. Hoekom is geen proses ooit eenvoudig nie?
  • 'n Nuwe kar - wel, soort van, dit is te ingewikkeld om te verduidelik.
Nuwe dinge is nuut en opwindend en lekker en @#%@^# stresvol.

Tuesday, November 11, 2008

Die klein Chinese slafie

Daar is baie dinge wat moontlik 'n mens se lewe kan verander. Die meeste van hierdie dinge sal egter nie naastenby soveel verandering bring soos wat aanvanklik verwag is nie. Om te wens en te hunker na hierdie dinge is 'n mors van kosbare tyd wat baie meer produktief aangewend kan word. Daar is egter een ding wat die kollega vir 'n feit weet haar lewe onomkeerbaar sal kan verander, en dit is 'n klein Chinese slafie.

Hy of sy (geslag is nie belangrik nie) sal daar wees om daardie take te verrig wat geen breinkrag verg nie, maar tog soveel tyd neem. Koffie maak, finansiele state druk en bind, fotostate maak, waterbottels hervul, my laptop elke oggend opstel, vir my gesonde maaltye voorberei. Aangesien hy/sy klein gaan wees kan hy/sy sommer onder die trap woon. Daar is meer spasie as wat daar in China is (dit is hoe ek my gewete sal sus).

'n Klein Chinese slafie sal my lewe verander.

Monday, October 27, 2008

Die kollega kners op haar tande

Alles en almal is deesdae 'n irritasie en daar is min mense waarvan die kollega regtig hou. En as iemand weer noem dat almal maar hierdie tyd van die jaar so voel, gaan die kollega hul met meubels en toebehore (wat oor 6 jaar afgeskryf word) gooi.

Wat as jy eendag nie van jou kinders hou nie? As hulle jou grensloos irriteer? Wat dan?

Beter nuus - die eksamens is oor en na ure kan die kollega darem nou weer 'n glas wyn drink om die senuwees te streel.

Friday, October 17, 2008

chaos

ijjdslksaCKSNC iaweiuPQIWPaio iqwp[ OP[Ofsdkjkajkdksdl
Pa'dop js dfp SFIOSJPOFOD dIAOPISKPASKjufjdfvj
jkdffisujf ijwaiQJDO JHIFJFJVDCJVkfdfjfvkcjvj

dit is hoe die kollega se kop huidiglik raas.

Wednesday, October 15, 2008

'n Lig gaan vir die kollega aan

Die kollega is nie mal, depressief of psigoties nie. Die kollega is net moeg, oorwerk en uitgeput.

Thursday, October 2, 2008

Die kollega omhels haar meer destruktiewe kant

Die kollega se lewe voel leeg en doelloos. Daar is niks, daar is niemand, net die ewige soeke na dit wat nie te vinde is nie. Die kollega wonder of dit nou maar is hoe dinge gaan wees, want hoe word ‘n lewe weer vol? Die kollega is moeg, die kollega is hartseer, die kollega is sonder enige energie en ergste van alles, die kollega het nie ‘n plan nie. Die kollega het altyd ‘n plan. Nou is die kollega planloos en moedeloos.


(Some feelings are just such a part of who you are, that no matter what your life is presently like, at some point you will inevitably feel the old feelings again. It is impossible for feelings to disappear, they merely become dormant and secretely wait for an opportunity to arise once more. They are mostly gone, but never completely. I see this in everyone around me. It is the only truth I can see clearly.)

Die kollega het soms Engelse gedagtes.

Monday, September 29, 2008

Belasting op Toegevoegde Waarde

Bogenoemde hou die kollega redelik besig.

Sunday, September 21, 2008

Niks is soos dit moet wees nie

In die kollega se perfekte wereld gaan niemand ooit weg nie.

Tuesday, September 16, 2008

'n Tyd vir 'n tand

Die kollega kan aan meer geriefliker tye dink vir 'n verstandtand om sy verskyning te maak.

En die kollega word bang...

Die kollega en Zet was Vrydag albei in dieselfde dorp daar net voor Durban. Vir die kollega was dit 'n normale werksdag met bates, langtermyn lenings en stawende dokumentasie. Zet en al sy Zetters was daar om te hoor wat sy toekoms vir hom gaan hou. Die kollega is bang vir min dinge, maar terwyl sy na die opgewonde massas kyk was sy vir 'n oomblik bang vir dit wat die toekoms vir hierdie land hou.

Thursday, September 4, 2008

Ek wandel in die lig...

Daar is geen natuurlike lig in kantore nie. Kantore maak mense siek, uitgeput en moeg. Kantore gaan nog ons ras uitwis. Kantore was 'n slegte idee. Die kollega haat kantore.

Monday, August 25, 2008

Ontsteltenis

Die kollega besef sy is eintlik baie konserwatief. Dit is al wat die naar, hol kol kan verduidelik en die diepe teleurstelling.

Thursday, August 14, 2008

Blou

Die kollega besef dinge is effe uit beheer uit, maar weet nie wanneer daar weer tyd en energie gaan wees om iets daaraan te doen nie.

Hierdie wete maak die kollega net meer depressief. Dit is 'n blou dag.

Tuesday, August 5, 2008

Beduidende Invloed

Die kollega wens vir meer as slegs 'n belegging in 'n geassosieerde.

Friday, August 1, 2008

Agtergrond

Niemand berei jou voor op die dag wat jy begin werk nie. Niemand vertel jou hoe moeg en gestress jy gaan wees nie. Niemand noem hoe absoluut oninteressant jy gaan word nie. Dan een dag besef jy, jy is nou net die kollega. Dis al.

Thursday, July 31, 2008

Onderdruk

Soms is net die liggaam bewus van die spanning... dit is een ding wat hierdie jaar die kollega geleer het.

Tuesday, July 29, 2008

Ekwilibrium

Drie sigarette. Drie koppies koffie. Die kollega is gereed vir nog 'n dag.