Monday, September 21, 2009

Lamaria

Ek ly vandag aan lamaria. Dit is wanneer jou hele lyf lam word van uitputting, stress en 'n tekort aan slaap. Lamaria is altyd die ergste op 'n Maandag. Lamaria is nie 'n grap nie.

Thursday, September 17, 2009

Die Kollega se Afrikanerhart

Iemand by die werk het vir my Bok van Blerk se nuwe CD gegee. Wat hierdie persoon die idee gegee het dat dit 'n goeie geskenk vir my is weet ek nie. Nou luister ek daarna in my kar(ek weet ek moes die versoeking weerstaan het) en besef my Afrikanerhart verskil van syne. Ek vind sy Afrikanerhart ontstellend, maar then again, die meeste Afrikaners ontstel my maar.

Monday, September 7, 2009

Oeps

Nou net besef ek het 'n unisa opdrag vergeet (nie verpligtend nie, maar tel steeds 5 %) en nou voel dit vir my of my hele lewe uit beheer uit is. Ek voel onstabiel.

Donker gedagtes

Vanoggend terwyl ek werk toe ry het ek gewens 'n trok ry oor my kar. Ek het genoeg emosionele insig om hierdie as 'n negatiewe gedagte te kan identifiseer. Ek het egter nie genoeg emosionele energie om met hierdie negatiewe gedagte te deel nie.