Sunday, December 6, 2009

Hitte

Ek is in Durban(vir werk, nog nie op vakansie nie) en ek het nog nooit in my lewe so warm gekry nie.

Wednesday, December 2, 2009

Chaos

My kar is nooit vreeslik netjies nie, maar dinge het nou hand uit geruk. Die volgende is alles op hierdie stadium in my kar:
  • Al die studiemateriaal en handboeke vir 4 vakke.
  • 15 Bonaqua waterbottels, almal met 'n klein bietjie water in.
  • Marie Claire & Runner's World tydskrifte.
  • Vele lee sigarette boksies.
  • 2 Appels.
  • 'n lank uitstaande biblioteek boek.

Ek is nie trots op myself nie.

Realiteit

Toe ek 'n student was, was dit snaaks om broke te wees. Nou is dit glad nie snaaks nie, want ek kan nie meer vinnig my pa bel nie. Om groot te word het min voordele.

Thursday, November 12, 2009

Uiteindelik

Ek besef die laaste tyd dat ek eintlik gelukkig is. Hier is my redes:
  • Dinge gaan soveel beter by die werk.
  • Akademies is ek besig om to herstel wat ek amper vernietig het.
  • Ek deel 'n huis en 'n lewe met 'n goeie man wat ook die liefde van my lewe is.
  • Ek begin die naweek weer perdry.
  • Dit is amper Desember!!!!!!!!!!!!!!!!!

Thursday, October 22, 2009

Risiko

Ouditrisiko bestaan uit drie komponente:
  • Inherente risiko - die moontlikheid dat daar wesenlike wanvoorstelling mag wees.
  • Kontrolerisiko - die moontlikheid dat wesenlike wanvoorstelling nie verhoed of opgespoor sal word deur die entiteit se interne beheerstelsel nie.
  • Ontdekkingsrisiko - die moonlikheid dat die ouditeur se stawingsprosedures nie die wesenlike wanvoorstelling sal opspoor nie.

Al hierdie risiko's is ook algemeen in die alledaagse lewe. Ons wil almal wesenlike wanvoorstelling verhoed en ons het almal interne beheermaatreels in plek.

En dit is hoekom ek van oudit hou. I like to manage risk.

Thursday, October 15, 2009

Genoeg

Elke jaar, hier teen Oktober voel ek uitgeput, geiiriteerd, gefrustreerd, geweldadig, genadeloos, geknak deur nog 'n jaar. Hoe de donner behou 'n mens genoeg energie vir hierdie tyd van die jaar? Hoe hou jy jouself in om ander nie skade aan te rig nie?

Tuesday, October 13, 2009

Wens

Al waarvoor ek wens is 'n jaar waar ek nie in die werk se toilette huil nie.

Wednesday, October 7, 2009

Inspirasie

Na al die stap by Aardklop het ek besef dat my fiksheidsvlak op 'n all time low is. Nou stap ek elke dag na werk. Dit verg geweldig baie inspanning om nee te se vir die bank en ja vir die pad. Tog voel ek baie beter na die tyd. Terwyl ek stap motiveer ek myself met sulke nonsens:

Elke opdraande is ook 'n afdraande. Dit hang net af in watter rigting jy loop.

Diep.

Monday, September 21, 2009

Lamaria

Ek ly vandag aan lamaria. Dit is wanneer jou hele lyf lam word van uitputting, stress en 'n tekort aan slaap. Lamaria is altyd die ergste op 'n Maandag. Lamaria is nie 'n grap nie.

Thursday, September 17, 2009

Die Kollega se Afrikanerhart

Iemand by die werk het vir my Bok van Blerk se nuwe CD gegee. Wat hierdie persoon die idee gegee het dat dit 'n goeie geskenk vir my is weet ek nie. Nou luister ek daarna in my kar(ek weet ek moes die versoeking weerstaan het) en besef my Afrikanerhart verskil van syne. Ek vind sy Afrikanerhart ontstellend, maar then again, die meeste Afrikaners ontstel my maar.

Monday, September 7, 2009

Oeps

Nou net besef ek het 'n unisa opdrag vergeet (nie verpligtend nie, maar tel steeds 5 %) en nou voel dit vir my of my hele lewe uit beheer uit is. Ek voel onstabiel.

Donker gedagtes

Vanoggend terwyl ek werk toe ry het ek gewens 'n trok ry oor my kar. Ek het genoeg emosionele insig om hierdie as 'n negatiewe gedagte te kan identifiseer. Ek het egter nie genoeg emosionele energie om met hierdie negatiewe gedagte te deel nie.

Friday, July 10, 2009

Die Kollega besef

I'm ceasing to be interested in games I can't win.

Friday, June 19, 2009

So is dit nou

Die probleem is nie dat die kollega nog nooit so ongelukkig was nie. Die probleem is dat die kollega wel al so ongelukkig was, en dat sy net die krag het hiervoor nie.

Saturday, May 16, 2009

Die vraag is: verveeld of verslaaf?

Daar is slegs twee moontlike uitkomste vir die meeste dinge in die kollega se lewe. Verveling of verslawing.

Sunday, March 8, 2009

Die kollega onthou

Vandag, tien jaar gelede, het die kollega besef die wereld is nie 'n wonderlike plek nie. Vandag, tien jaar gelede, het die kollega haar onskuld verloor. Die kollega onthou.

Wednesday, January 28, 2009

hoe dinge nou is

Die kollega se kantoor is nou in Johannesburg. Die kollega sit vir ure in die verkeer en rook al die sigarette wat sy nou nie meer deur die dag kan rook nie. Die kollega werk in 'n ernstige, doelgerigte atmosfeer. Die kollega se kollegas werk vreeslik hard en praat nie juis nie. Die kollega se hare is nou elke dag reguit. Die kollega dra nou swart, wit, grys en grimering. Die kollega besef dat professioneel lyk net so belangrik is soos professioneel optree. Die kollega besef dit is elke vrou vir haarself. Die kollega is effe histeries. Die kollega drink haar derde glas wyn. Dit is 'n oerwoud hier buite.