Thursday, February 11, 2010

Besluite

Die kollega het nie veel woorde nie, slegs vergelykende syfers, rentekoerse, voorsienings, opgelope inkomste en belastingberekeninge. 2010 is op hierdie stadium 'n nagmerrie van werk en deadlines. Dit voel asof alles aan draadjies hang en ek het nie die nodige hulpbronne het om alles bymekaar te hou nie. Dit voel asof daar altyd slegs die volgende opsies gaan wees -
a) 'n suksesvolle loopbaan waar ek almal dazzle met my intelligensie en vernuf
b) 'n lewe waar daar liefde en vriende is
Hoe kies mens?