Wednesday, January 28, 2009

hoe dinge nou is

Die kollega se kantoor is nou in Johannesburg. Die kollega sit vir ure in die verkeer en rook al die sigarette wat sy nou nie meer deur die dag kan rook nie. Die kollega werk in 'n ernstige, doelgerigte atmosfeer. Die kollega se kollegas werk vreeslik hard en praat nie juis nie. Die kollega se hare is nou elke dag reguit. Die kollega dra nou swart, wit, grys en grimering. Die kollega besef dat professioneel lyk net so belangrik is soos professioneel optree. Die kollega besef dit is elke vrou vir haarself. Die kollega is effe histeries. Die kollega drink haar derde glas wyn. Dit is 'n oerwoud hier buite.

1 comment:

Carolize Jansen said...

O, ek sien dit is nou Johannesburg en miskien nie heeltemaal so vrolik nie. Kantoorwerk is inhumane.
Baja sterkte.
Hoekom's jou hare reguit? Word krulle as ligsinnig beskou?