Thursday, October 2, 2008

Die kollega omhels haar meer destruktiewe kant

Die kollega se lewe voel leeg en doelloos. Daar is niks, daar is niemand, net die ewige soeke na dit wat nie te vinde is nie. Die kollega wonder of dit nou maar is hoe dinge gaan wees, want hoe word ‘n lewe weer vol? Die kollega is moeg, die kollega is hartseer, die kollega is sonder enige energie en ergste van alles, die kollega het nie ‘n plan nie. Die kollega het altyd ‘n plan. Nou is die kollega planloos en moedeloos.


(Some feelings are just such a part of who you are, that no matter what your life is presently like, at some point you will inevitably feel the old feelings again. It is impossible for feelings to disappear, they merely become dormant and secretely wait for an opportunity to arise once more. They are mostly gone, but never completely. I see this in everyone around me. It is the only truth I can see clearly.)

Die kollega het soms Engelse gedagtes.

2 comments:

arcadia said...

luister die kollega alweer nine inch nails? (persoonlik luister arcadia nogal baie na hurt deesdae. dit help nie.)

arcadia said...

waar is die kollega?