Tuesday, November 11, 2008

Die klein Chinese slafie

Daar is baie dinge wat moontlik 'n mens se lewe kan verander. Die meeste van hierdie dinge sal egter nie naastenby soveel verandering bring soos wat aanvanklik verwag is nie. Om te wens en te hunker na hierdie dinge is 'n mors van kosbare tyd wat baie meer produktief aangewend kan word. Daar is egter een ding wat die kollega vir 'n feit weet haar lewe onomkeerbaar sal kan verander, en dit is 'n klein Chinese slafie.

Hy of sy (geslag is nie belangrik nie) sal daar wees om daardie take te verrig wat geen breinkrag verg nie, maar tog soveel tyd neem. Koffie maak, finansiele state druk en bind, fotostate maak, waterbottels hervul, my laptop elke oggend opstel, vir my gesonde maaltye voorberei. Aangesien hy/sy klein gaan wees kan hy/sy sommer onder die trap woon. Daar is meer spasie as wat daar in China is (dit is hoe ek my gewete sal sus).

'n Klein Chinese slafie sal my lewe verander.

6 comments:

arcadia said...

kan jou chinese slafie asseblief vir hom 'n maatjie saambring? ek wil ook een he.

Die Kollega said...

ek dink daar is eindelose besigheidsgeleenthede hier. ek dink almal wil eintlik 'n chinese slafie he. there is money to be made...

arcadia said...

as ons die klein chinesie slafies kan leer om ook met sollie te deal sal my lewe volmaak wees.

Die Kollega said...

ek dink sollie sal bang wees vir hulle, so dan sal hy ons vermy

jvdh said...
This comment has been removed by the author.
jvdh said...

Hulle kan inderdaad meer doen as net waterbottels volmaak.