Tuesday, November 18, 2008

Ek sien 'n nuwe hemel kom; 'n aarde nuut en vry

Daar is baie nuwe dinge in die kollega se lewe:

  • 'n Nuwe werk - baie opwindend, veral die salaris wat aansienlik meer is.
  • 'n Nuwe blyplek - ook baie opwindend, maar die kollega sien net nie kans vir al die nuwe admin wat dit nou ook gaan bring nie. Hoekom is geen proses ooit eenvoudig nie?
  • 'n Nuwe kar - wel, soort van, dit is te ingewikkeld om te verduidelik.
Nuwe dinge is nuut en opwindend en lekker en @#%@^# stresvol.

1 comment:

Unknown said...

Jy geweet dat ek glad nie daai liedjie êrens kan kry om te hoor nie. Die laaste keer dat ek daai liedjie gehoor het was in St.5 in die skoolsaal.