Wednesday, December 2, 2009
Realiteit
Toe ek 'n student was, was dit snaaks om broke te wees. Nou is dit glad nie snaaks nie, want ek kan nie meer vinnig my pa bel nie. Om groot te word het min voordele.
Thursday, November 12, 2009
Uiteindelik
Ek besef die laaste tyd dat ek eintlik gelukkig is. Hier is my redes:
- Dinge gaan soveel beter by die werk.
- Akademies is ek besig om to herstel wat ek amper vernietig het.
- Ek deel 'n huis en 'n lewe met 'n goeie man wat ook die liefde van my lewe is.
- Ek begin die naweek weer perdry.
- Dit is amper Desember!!!!!!!!!!!!!!!!!
Thursday, October 22, 2009
Risiko
Ouditrisiko bestaan uit drie komponente:
- Inherente risiko - die moontlikheid dat daar wesenlike wanvoorstelling mag wees.
- Kontrolerisiko - die moontlikheid dat wesenlike wanvoorstelling nie verhoed of opgespoor sal word deur die entiteit se interne beheerstelsel nie.
- Ontdekkingsrisiko - die moonlikheid dat die ouditeur se stawingsprosedures nie die wesenlike wanvoorstelling sal opspoor nie.
Al hierdie risiko's is ook algemeen in die alledaagse lewe. Ons wil almal wesenlike wanvoorstelling verhoed en ons het almal interne beheermaatreels in plek.
En dit is hoekom ek van oudit hou. I like to manage risk.
Thursday, October 15, 2009
Genoeg
Elke jaar, hier teen Oktober voel ek uitgeput, geiiriteerd, gefrustreerd, geweldadig, genadeloos, geknak deur nog 'n jaar. Hoe de donner behou 'n mens genoeg energie vir hierdie tyd van die jaar? Hoe hou jy jouself in om ander nie skade aan te rig nie?
Tuesday, October 13, 2009
Wednesday, October 7, 2009
Inspirasie
Na al die stap by Aardklop het ek besef dat my fiksheidsvlak op 'n all time low is. Nou stap ek elke dag na werk. Dit verg geweldig baie inspanning om nee te se vir die bank en ja vir die pad. Tog voel ek baie beter na die tyd. Terwyl ek stap motiveer ek myself met sulke nonsens:
Elke opdraande is ook 'n afdraande. Dit hang net af in watter rigting jy loop.
Diep.
Elke opdraande is ook 'n afdraande. Dit hang net af in watter rigting jy loop.
Diep.
Monday, September 21, 2009
Lamaria
Ek ly vandag aan lamaria. Dit is wanneer jou hele lyf lam word van uitputting, stress en 'n tekort aan slaap. Lamaria is altyd die ergste op 'n Maandag. Lamaria is nie 'n grap nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)